Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
[IN ’N BLIK]
Stories wat in die landbou saak maak
[STOF TOT NADENKE]
Bek-en-klouseer: Brasilië se lesse kan SA rigting gee • Die land met die grootste kommersiële beeskudde ter wêreld wil vanjaar – ná ’n stryd van meer as 30 jaar – sy status as vry van beken-klouseer (BKS) sonder inenting herwin. Intussen skep teenstrydige inligting oor dié siekte in KwaZulu-Natal groot onsekerheid.
Welgedaan, boys!
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com
Minister jaag boere se bloeddruk op
‘RNE-vennote kan stokkie voor verdere wetgewing steek’ • Verdere wetgewing rakende grondhervorming wat spesifiek op die herverdeling van grond konsentreer, kan later vanjaar die lig sien. Radikale wetgewing sal egter nie, soos in die verlede, eenvoudig deur die parlement gestoomroller kan word nie, sê Annelize Crosby van Agbiz.
Eindelik hoop oor Clanwilliamdam • Boere en gemeenskappe in die Cederbergmunisipale gebied in die Wes-Kaap is verlig dat die bouwerk aan die Clanwilliamdam uiteindelik vorder nadat dit jare lank om verskeie redes stilgestaan het.
Noord-Kaapse reën bring verligting, maar meer is nodig • Talle Noord-Kaapse boere wat onlangs goeie reën gekry het, is baie dankbaar oor die gedeeltelike verligting van die erge droogtetoestande.
Onbeheerde voëlgriep hou risiko vir die mens in • Die bekamping van hoogs aansteeklike voëlgriep is nie net belangrik vir die pluimveebedryf nie, maar ook uiters belangrik om die menslike bevolking te beskerm.
Tot 40% veeartse landuit oor geld • Na raming verlaat 30% tot 40% van Suid-Afrika se veeartse die land ná hul studies om meer geld elders te gaan verdien.
‘Politiek nie ons saak nie . . . Maar ons skram nie weg’ • Graan SA sal betrokke bly om sy invloed uit te oefen om teenstand teen die Onteieningswet te bied.
Oorlewingstryd: Besluite in goeie tye bepaal hoe sake staan in slegte tye • Verskeie belanghebbendes het op Graan SA se kongres raad gegee oor hoe om heelhuids deur die afwaartse siklus in die graanpryse te kom.
Mynveld van mynaansoeke: Só kan boere dit beveg • Boere is nie sonder mag teen die aansoeke van prospekteer- en mynmaatskappye nie. Wette, regulasies en prosedurevereistes bied ’n mate van beskerming en ruimte vir optrede. Die proses is egter ingewikkeld, duur en tydrowend, en ongelukkig tree die maatskappye nie altyd volgens die reëls op nie.
Vooruitsigte vir kosinflasie lyk belowend, ondanks effense styging
Wees versigtig met beleggings • Die afgelope tien jaar was baie moeilik vir die meeste van ons. Nie alleen het ons beleggings in die grootste deel van dié tyd min of geen groei getoon nie, maar baie van ons was ook nie in ’n posisie om werklik te spaar nie. Die covid-19-pandemie en langdurige droogtes het net die kroon gespan.
Is die hersiene begroting enigsins ’n verbetering? • ’n Paar gevaarligte flikker oor die hersiene begroting. Die eerste is die benadering tot staatskuld, en die tweede is die hoër BTW-koers, wat verdere druk op boerderye se kontantvloei sal plaas.
Aan die einde van die reënboog • Ná ’n paar sinkplaatjare het die maatskappy Rainbow Chickens se bedryfswins met 221% toegeneem en die omset met 8,9% gegroei. Nou word asem opgehou oor voëlgriep die komende winter.
Herlewingslandbou beïnvloed selfs reuk van hoenders
Mikroplastiek kan fotosintese verlaag
‘Maak seker jy ken jou plaas en hou jou vordering fyn dop’
Wildbedryf terug op ’n stel vars bene • Miskien...